NG Kroonheuwel-Noord is 'n dinamiese gemeente waarby elkeen welkom is.
Ons roeping is om in God se familie Sy liefde vir die wêreld uit te leef en uit te dra.
Ons dien die Here met ons hele lewe en op elke terrein van ons lewens, maar daar is ook spesiale geleenthede waar ons dit saam doen:
Eredienste: @ 09:00
(Kleuterkerk vir al die voorskoolse outjies terwyl die erediens aan die gang is, in die dubbelkamer)
Kategese @ 10:00
Jeugdiens (Laerskool)
@ 16:00
Jeugdiens (Hoërskool) @ 18:00
Daar is altyd vars en goeie koffie voor en na die erediens beskikbaar en jy kan selfs espresso of cappuccino vir jou bestel.
Ons eredienste is gemaklik en informeel en sang vind plaas saam met 'n aanbiddingsspan en enkele instrumente.
Ons het tientalle bedieninge waarby jy kan inskakel (sien bedieninge ikoon). Ons droom is om 100 mense te hê wat elkeen een ding doen - en nie een mens wat 100 goed moet doen nie - by wyse van spreke. Jy kan selfs op die bediening bladsy registeer indien jy iewers betrokke wil raak.
Ons het nie meer die tradisionele wyke stelsel waarin 'n diaken en/of ouderling werksaam is nie. Ons funksioneer met 'n verkleinde kerkraad wat vir die geestelike leiding en rigting van die gemeente verantwoordelik is en 'n wyksleier in elke wyk wat vir die skakeling tussen die wyk en die kantoor, die kerkraad en leraars verantwoordelik is.
Ons glo dat die Bybel nêrens melding maak dat jou dankoffer by jou gehaal moet word nie, maar dat die Bybel vol tekste is dat dit jou verantwoordelikheid is om jou dankoffer te BRING.
Daarom word daar nie dankoffers in die wyke opgeneem nie (behalwe by hulle wat vanweë siekte en ouderdom nie meer in die eredienste kan kom nie).
Quikr – Search Jobs, Mobiles,
4.120.8MB
imo beta -video calls and chat
4.394.0MB
Mushroom Takeover
4.569.0MB
Facebook Lite
4.02.5MB
Temple Run 2
4.4122.1MB
Dearmet: Video Chat, Live Talk
4.043.4MB
Candy Crush Saga
4.491.1MB
Talking Tom Cat
3.963.0MB
Offline Music Mp3 Player- Muso
4.535.9MB
ShopClues
3.816.4MB